Pretoria Boeremark Tuisblad

Pretoria Boeremark

 

Last Updated on
2014-02-17

 

 

Die Pretoria Boeremark, onder die vaandel van TLU SA, is vir die eerste keer gehou op 10 Oktober 1992, op 'n stukkie grond tussen die N1 snelweg en die WNNR. Van die begin af was die mark 'n groot sukses en die inkomste wat uit stalletjiefooie gegenereer word, word terug geploeg in landbou. Met die beplanningsfase van die 'Innovation Hub' het dit egter duidelik geword dat die ingangsroete na die 'Hub', deur die Boeremark se parkeerarea sou loop. Na verskeie opsies oorweeg is, is daar besluit om die mark te verskuif na die Pionier Museum se terrein in Januarie 2004.

Volg ons op Facebook

Produkte

Produsente wat stalletjies by die mark het, kom van so ver as, Reitz, Ermelo, en Tzaneen. Die mark funksioneer op die vryemarkstelsel en indien die produk nie 'n landbou produk is nie, is die vereiste dat dit handgemaak moet wees. Tradisionele kos soos pap en kaiings, pannekoek, vetkoek en melkkos is baie gewild. 'n Groot verskeidenheid van kossoorte is by die mark te koop. Vars brood, pasteie, tuisgebakte koekies en beskuit, heel hoenders en verwerkte hoenderprodukte, vleis en vleisprodukte, verskeie kaassoorte, vars melk, joghurt en ingemaakte produkte. Vars blomme, plante en saailinge is ook te koop. Daar is ook speserye, kruie, droŽ vrugte, neute, handgemaakte klere, juwele, staalkuns, houtwerk items en 'n wye verskeidenheid van ander kunsvorms.

Elke Saterdag vanaf 5:30

Die mark begin 5:30 elke Saterdag en loop teen 9 uur ten einde en is slegs op Christelike vakansiedae gesluit. Elke Saterdag kom duisende besoekers vir hulle weeklikse inkopies na die mark. Sommige kom net om vriende of familie te ontmoet en onder die bome by een van die koffie plekkies te kuier.

Locations of visitors to this page


Tuisblad (Home) | Stalletjies (Stalls) | Foto's (Gallery) | Kontak (Contact) | Kaart (Map) | Omtrent Ons (About) | Skakels (Links) | Top
© Copyright Pretoria Boeremark , all rights reserved.